Spoedvraat Usain Bolt toetsbestuur Ferrari
2010-11-16 13:25
Fiorano, Italië - Die Olimpiese kampioen Usain Bolt het sy oefenprogram onderbreek om een van die vinnigste motors op die planeet te toetsbestuur.
Die Jamaikaan het Dinsdag die wiele van 'n 458 Italia én 'n 599 GTB Fiorano, by Ferrari se Formule Een-renbaan warm gemaak.
Dié gebeurtenis is deur die atleet se borg Puma en een van Ferrari se komponent-verskaffers gereël.
"Ek't gedink ék is vinnig, maar dié motors gee 'n nuwe betekenis aan 'vinnig'," het Bolt gesê.
Bolt het onlangs weer begin oefen nadat hy vroeër vanjaar met 'n rugbesering gesukkel het.
Hy het in 2008 drie goue medaljes by die Olimpiese Spele gewen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA