‘Spesiale sege’ vir Noorweër

2011-07-08 09:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Edvald Boasson Hagen (Sky) het Donderdag se sesde en langste skof van die Tour de France gewen en daarmee sy ondersteuners reg bewys.

Fietsry-kenners voorspel die afgelope jaar al dat die 24-jarige Noor­weër die talent het wat nodig is om belangrike renne te wen en hy het nie teleurgestel nie.

In die naelrit na die eindstreep het Hagen vir Matt Goss (HTC-Highroad) en Thor Hushovd (Garmin-Cervelo), algehele voorloper, weggejaag.

Dis die eerste keer dat Hagen ’n Tour-skof wen.

Hy het die 226 km (van Dinan na Lisieux) in 5 uur 13 minute en 37 sekondes afgelê.

Hagen het in ’n televisie-onderhoud gesê hy het nie woorde om te beskryf hoe dit voel om ’n skofwenner in die Tour te wees nie.

“Dit is ongelooflik. Ek dink ek sal eers later besef wat ek reggekry het. Wat my sege nog meer spesiaal maak, is dat my pa en ma hier was om dit te sien.”
 
Hagen was vol lof vir die wyse waarop sy spanmaat Geraint Thomas hom gehelp het.

“Geraint het te midde van al die chaos in die naelrit seker gemaak ek is oor die laaste 300 m in ’n gunstige posisie om op die regte oomblik te kan versnel.”

Hushovd het met sy kanniedood-benadering seker gemaak dat hy in vandag se sewende skof vir die vyfde agtereenvolgende dag die geeltrui sal dra.

Hy het steeds ’n voorsprong van ’n enkele sekonde oor Cadel Evans (BMC) en is 4 sekondes voor Frank Schleck (Leopard-Trek).

Manuele Mori (Lampre-ISD) was die dag se ander groot held.

Hy het basies vir die hele skof in die koue en nat toestande voor in wegbreek-pogings gejaag en het enduit geweier om bes te gee.

Hy is eers 3 km van die einde ingehaal.

Dinge wil maar steeds nie vir Alberto Contador (Saxo Bank), ’n driemalige wenner, reg verloop nie.

Gister het hy weer ’n klein krisis beleef en moes inderhaas van fietse verwissel.

Gelukkig was sy spanmaat Jesus Hernandez byderhand toe dit saak gemaak het.

Levi Leipheimer (Radio Schack), een van die Tour-gunstelinge, was die groot verloorder.

Sowat 6 km van die einde het sy fiets se een wiel op die teerpad se sopnat wit lyn onder hom uitgegly.

Jaer en fiets het vir meters oor die teerpad geskuur. Die valslag het Leipheimer gekos.

Hy kon nie weer die voorlopers inhaal nie en het eers 1 minuut en 5 sekondes ná al die ander gunstelinge oor die eindstreep gejaag.

Dit beteken dat hy van die 14de tot die 31ste plek teruggesak het.

Hy is nou 1:31 agter Hushovd.

Vrydag se skof (Le Mans na Chateauroux – 218 km) is plat en vinnig.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: fietsry  |  tour de france

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.