Spele-plek vir Schoeman

2010-04-16 08:33
Tweets Share Share line Print

Marizanne Kok

Durban-Riaan Schoeman was Donderdagaand hier die groot uitblinker op die vierde aand van die nasionale swembyeenkoms in ’n sessie wat talle blink vertonings opgelewer het.

Schoeman het sy naam gevoeg by die lys swemmers wat reeds vir die Statebondspele in Oktober in Indië gekwalifiseer het toe hy die kwalifiserende tyd in die eindronde van die 400- individuele wisselslag met 4 sekondes oortref het.

 Sy tyd van 4 minute 14.80 sekondes is op een na die vinnigste tot dusver vanjaar.

 Dit het aan hom sy eerste goue medalje van die byeenkoms besorg en hom byna 5 sekondes voor Chad le Clos (tweede) laat eindig.

“My enigste doelwit hier was om te kwalifiseer vir die Statebondspele, maar met die kriteria vanjaar so taai het ek geweet dit sou ’n groot poging verg.
 Ek is tevrede – dié tyd behoort my veilig tussen die top-4 in die Statebond te plaas,” het Schoeman gesê.

Die Pretorianer Chanelle van Wyk het ook haar kaartjie na Indië bespreek toe sy die Statebond-vereiste in die halfeindronde van die 50-rugslag met twee honderdstes van ’n sekonde oortref het.

“Ek het dit rustig gevat (in Donderdagoggend se uitdunne) sodat ek varser in die halfeindronde kon wees.
 Die druk is nou af in die eindronde en nou kan ek eindelik al my aandag op die Statebondspele begin fokus,” het sy gesê.

)Die 100-vryslag vir mans het ’n opwindende stryd tussen vier van die vinnigste mans in die land opgelewer.
Roland Schoeman het die Florida-student Gideon Louw met ’n haarbreedte om die goue medalje geklop nadat die jonger man ’n vasberade aanslag geloods het.
Louw het gegly op die wegspringblok en was sowat 2 meter agter Schoeman teen die tyd dat hy die water getref het.

 Hy het goed teruggeveg en in 49.62 s tweede ná Schoeman (49.51) geëindig.

 Die 20-jarige Graeme Moore was derde in 49.99 en Darian Town­send vierde in 50.09.

 Nie een van dié vertonings was goed genoeg vir kwalifisering nie, met die vereiste 49.23.

n Taai stryd wag vanaand in die eindronde van die 100-rugslag tussen Charl van Zyl, Darren Murray en Gerhard Zandberg.
 Die kwalifiseringstyd is 55.14 s.

Natalie du Toit het nog ’n kwalifiseringstyd geswem – in die 100-vlinderslag vir S9-swemmers.

Sy het haar sesde goue medalje hier gewen.

Mandy Loots (100-vlinderslag), Wendy Trott (800-vryslag) en Pal Joensen van die Faroër-eilande (800-vryslag vir mans) het ook goud gewen.

-Sport24

 

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.