Sokkerlegende Paul Gascoigne kry hulp
2013-02-05 10:56
Londen – Die voormalige Engelse sokkerster Paul Gascoigne het by 'n rehabilitasie-sentrum in Amerika gaan aanklop om hom met sy jarelange stryd teen alkohol te help.
Gascoigne (Gazza) het verlede week tydens 'n fondsinsamelingsgeleentheid in Northampton in trane uitgebars en deurmekaar gepraat.
Foto's van dié voorval, wat deur die Britse poniekoerant The Sun gepubliseer is, het sy agent genoodsaak om te sê dat die 45-jarige dringend hulp benodig en dat sy lewe "altyd in gevaar is" weens sy alkoholverslawing.
"Paul Gascoigne is 'n alkoholis en gaan tans deur 'n baie moeilike tyd," het sy bestuursagentskap in 'n verklaring gesê.
"Hy het vir hulp gevra en is bereid om opgeneem te word by 'n hulpsentrum in Amerika."
"Paul is dankbaar teenoor almal wat die afgelope dae hulp aangebied het."
Behalwe vir sy drankprobleem het die voormalige Newcastle-, Tottenham- en Lazio-speler ook 'n stryd met bulimie gevoer en ly hy aan depressie.
Lees
verder.
Volg
Nuus24 op Twitter.
–
Sport24