Slegs een SA'ner vir Laureus benoem
2010-12-09 16:21
Kaapstad - Die gholfspeler Louis Oosthuizen is die enigste Suid-Afrikaner wat vir die prestigeryke 2010 Laureus-sporttoekennings genomineer is.
Oosthuizen, wat vanjaar se Britse Ope by St. Andrews in Skotland gewen het, is in die deurbraak van die jaar-kategorie saam met die Duitse sokkerspeler Thomas Muller en die Franse atleet Christophe Lemaitre benoem.
Engeland se twintig20-krieketspan is ook in die kategorie genomineer.
In ander kategorieë is die 50-jarige atleet Merlene Ottey genomineer vir die terugkeer van die jaar-toekenning.
Dié voormalige Jamaikaanse naelloper het vanjaar die oudste vrou geword om aan die Europese kampioenskappe in Barcelona deel te neem.
Sportman van die jaar-nominasies sluit in, Lionel Messi, Rafael Nadal, Sebastian Vettel, Sachin Tendulkar en Diego Forlan.
Spanje is die gunsteling om met die wêreldspan van die jaar-toekenning weg te stap, na hul historiese oorwinning in die Wêreldbeker-eindstryd in Suid-Afrika.
Lees die volledige artikel hier.
- Sowetan