Sharapova se opmars kan vrugte afwerp

2011-07-02 08:15
Tweets Share Share line Print

Londen – Die lang pad uit die tenniswildernis kan Saterdag hier in die Wimbledon-toernooi vir Maria Sharapova eindig wanneer sy in die eindstryd teen die Tsjeg Petra Kvitova te staan kom.

Die 24-jarige vyfde gekeurde Rus is die oorweldigende gunsteling om die titel te herower wat sy die eerste keer in 2004 gewen het.

Sy het die tennistoneel toe behoorlik stormgeloop en voor sy 21 was ook die Australiese en Amerikaanse Ope gewen.

Haar opmars na die bopunt van vroue-tennis is egter deur ’n skouerbesering van koers gewaai en daar is gewonder of sy ooit bo sou uitkom.

Sy het vanjaar die antwoord gegee deur eers die halfeindronde van die Franse Ope te haal en nou die eindstryd hier.

Met Serena en Venus Wil­liams van Amerika se loopbane wat in die verkeerde rigting neig en Kim Clijsters beseer, is daar ’n vakature aan die bopunt van vroue-tennis wat Sharapova lyk of sy kan vul.

Sy erken dit was donker dae in 2008 en 2009 toe sy tot buite die voorste 100 op die wêreldranglys geval het.

“Daar was baie twyfel en ek het hoë verwagtinge gestel waaraan ek nie kon voldoen nie. Dit was baie frustrerend.

“Ek het egter nooit daaraan gedink om handdoek in te gooi nie. Wat my laat aanhou het, was die herinneringe van die goeie dae aan die begin van my loopbaan.

“Ek is nie iemand wat sommer boedel oorgee nie. Al was dit moeilik, het ek bly glo in myself. Baie krediet moet gaan aan die mense rondom my.

“Ek het ook geweet hoe goed dit voel om die groot trofeë te wen en ek wou meer hê. Ek het hier diep binne my ook gevoel daar is nog baie goeie dinge wat wag.”

Sy staal haar vir ’n kwaai aanslag van die 21-jarige Kvitova, agtste gekeurde, in die eindstryd.

In hul enigste vorige ontmoeting het Sharapova verlede jaar in Memphis op ’n hardebaan-oppervlak gewen.

“Sy is links en dit is moeilik om op gras teen die hotkloue te speel,” het Sharapova erken.

Kvitova is die eerste linksspeler sedert Martina Navratilova in 1994 wat die eindstryd haal.

Sy het Navratilova, wat haar inspirasie was toe sy klein was, in die kleedkamer gesien en is deur haar sterkte toegewens.

“Ek sukkel nog om te glo ek is in die eindstryd,” het Kvitova gesê.

– Sapa-AP

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deir Nuus24Sport op Twitter te volg

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.