Sharapova pak Li Na in Aus-halfeind
2013-01-22 10:38
Melbourne – Die tweede gekeurde Maria Sharapova van Rusland het haar landgenoot, Ekaterina Makarova, Dinsdag gemaklik 6-2, 6-2 in een uur en ses minute in die kwarteindronde van die Australiese Ope geklop.
Sharapova se opponent in Donderdag se halfeindronde in Melbourne is 2011 se Franse Ope-kampioen, Li Na van China.
In die mansafdeling het die Spanjaard David Ferrer teruggeveg om sy Davisbeker-spanmaat Nicolas Almagro 4-6, 4-6, 7-5, 7-6 (7/4), 6-2 in 'n wipplank-wedstryd te klop, wat drie uur en 44 minute geduur het.
Ferrer sal teen die wenner van die kragmeting tussen Novak Djokovic en Tomas Berdych, wat Dinsdagmiddag plaasvind, in die halfeindronde speel.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP