Sharapova gereed vir Lisicki-bomme

2011-06-30 08:44
Tweets Share Share line Print

Londen. – Maria Sharapova is slaggereed om vuur met vuur in haar Wimbledon-halfeindstryd teen Sabine Lisicki te beveg.

Sharapova, 2004 se kampioen, is die gunsteling om met dié tennistitel weg te stap.

Dié Rus kom teen ’n speler te staan wat waarskynlik die gevaarlikste afslaan in vroue-tennis het. Die Duitser slaan gereeld teen ’n spoed van meer as 190 km/h af.

“’n Speler wat met soveel selfvertroue op gras speel, is gevaarlik,” sê die vyfde gekeurde, Sharapova.

Sy glo ook dat brute krag, eerder as finesse, die wenner van dié stryd sal bepaal. Lisicki se kragspel was reeds vir die ondergang van die derde gekeurde en Franse Ope kampioen, Na Li van China, verantwoordelik.

Li het Lisicki se afslane as onspeelbaar bestempel. Lisicki is slegs die tweede promotorskeuse in die geskiedenis van Wimbledon wat die halfeindronde kon haal.

Sy is egter nie gespanne oor die vooruitsig om teen Sharapova te speel nie. “Maria het al Grand Slam-titels verower en is gewoond daaraan om in die halfeindronde van sulke toernooie te wees. Ek het niks om te verloor nie. Ek gaan net speel en dit geniet.”

Lisicki se loopbaan is deur ’n ernstige enkelbesering bedreig, wat sy verlede jaar in Miami opgedoen het. Sy was vyf maande lank buite aksie en kon ’n tyd lank nie loop nie.

Die ander halfeindstryd is tussen die agtste gekeurde, Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek, en Victoria Azarenka van Belarus, wat vierde gekeur is.

Dit is die eerste keer dat Azarenka in die halfeindronde van ’n Grand Slam-toernooi speel. Kvitova het haar verlede maand in Madrid in die eindstryd van ’n toernooi geklop.

“Die halfeindstryd hier sal ’n ander storie wees.

“Dis glad nie dieselfde nie. Die verlede beteken niks,” sê Azarenka.

Kvitova kan die eerste linkerhandse speler word wat die Wimbledonse vroue-enkelspeltitel verower sedert Martina Navratilova dit in 1990 reggekry het. Die laaste Tsjeg wat die Venus Rosewater-trofee omhoog kon hou, is Jana Novotna in 1998. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

- Sapa - AFP

Lees meer oor: maria sharapova  |  tennis  |  wimbledon

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.