Sharapova, Wozniacki in laaste 16
2010-09-04 22:10
Flushing Meadows, New York - Maria Sharapova van Rusland is deur na die vierde ronde van die Amerikaanse Ope nadat sy Saterdag 'n oortuigende oorwinning oor Beatrice Capra van die VSA behaal het.
Sharapova het Capra in twee stelle met 6-0, 6-0 geklop.
Dié toernooi se topgekeurde vrouespeler, Caroline Wozniacki van Denemarke, is Sharapova se volgende teenstander. Wozniacki het Chan Yung-Ja van Taiwan met 6-1, 6-0 in die derde ronde geklop.
In ander uitslae het Gael Monfils van Frankryk die Serwiër Janko Tipsarevic in vier stelle met 7-6, 6-7 , 6-2, 6-4 geklop.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat Monfils na die vierde ronde van die Amerikaanse Ope kon deurdring, maar die Fransman kon nog nooit na die kwarteindronde vorder nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA