Serena sê jammer
2009-09-15 01:26
New York - Die tennisster Serena Williams het om verskoning gevra vir haar "onvanpaste uitbarsting" ná haar nerderlaag by die VSA Ope.
Williams het gesê sy wil "opreg om verskoning vra" aan die lynskeidsregter, haar teenstander, Kim Clijsters, die Amerikaanse Tennisvereniging en die aanghangers.
Dié verskoning is Maandag, meer as 36 uur ná Williams se tirade aan 'n lynskeidsregter, uitgereik.
Williams is deur 'n lynskeidsregter wie se naam nie bekend is nie, vir 'n voetfout gepenaliseer. Twee ekstra punte is toe aan haar teenstander toegeken.
Sy het toe na die lynskeidsregter gestap en die raket voor haar geswaai, op haar gevloek en gedreig.
Sy is 'n boete van $10 000 (sowat R74 000) opgelê vir swak sportmanskap en staar verdere straf in die gesig.
Sy en haar suster Venus, het Maandagaand die dubbels-eindstryd tydens die VSA Ope gewen.
– AP