Serena onttroon Safina
2009-10-12 14:06
Hamburg – Serena Williams, die Amerikaanse tennissensasie, beklee weereens die eersteplek op die WTA se tennisranglys vir vroue.
Williams het die Russiese Dinara Safina met 'n skrale vyf punte onttroon.
Dié lys is Maandag deur die Vroue-tennisvereniging (WTA) vrygestel.
Williams het 7 945 punte teenoor Safina se 7 940. Venus Williams beklee die derde plek met 6 445 punte.
Serena het die hoogste plek op die ranglys vir die eerste keer in 2002 behaal, en die laaste keer in April 2009.
Rusland se Svetlana Kuznetsova het vanaf sesde na vierde plek beweeg te danke aan die Beijing-titel wat sy Sondag verower het.
Agnieszka Radwanska van Pole is terug in die top-tien en beklee tans die tiende plek op die ranglys.
WTA se top tien vanaf 12 Oktober (vorige plek op ranglys beklee, word in hakies aangedui)
1. (2) Serena Williams, Amerika, 7 945 punte
2. (1) Dinara Safina, Rusland, 7 940
3. (3) Venus Williams, Amerika, 6 445
4. (6) Svetlana Kuznetsova, Rusland, 5 981
5. (4) Elena Dementieva, Rusland, 5 875
6. (5) Caroline Wozniacki, Denemarke, 5 575
7. (7) Vera Zvonareva, Rusland, 4 810
8. (9) Victoria Azarenka, Belarus, 4 590
9. (8) Jelena Jankovic, Serbia, 3 965
10. (11) Agnieszka Radwanska, Pole, 3 710
- Sapa