Serena Williams uit Aus Ope
2010-11-25 11:15
Melbourne - Die Amerikaanse tennisspeler Serena Williams het Donderdag haar ontrekking uit aanstaande jaar se Australiese Ope aangekondig nadat sy haar voetbesering tydens 'n oefensessie vererger het.
Williams het haar voet in Julie beseer toe sy op gebreekte glas in ‘n restaurant in Duitsland getrap het.
“Ek het te vinnig met ‘n strawwe oefenprogram begin, het Williams in ‘n verklaring gesê. Ongelukkig sal ek dus uit die Hopman-beker en die Australiese Ope in Januarie moet onttrek," het die 29-jarige gesê.
Williams, die wenner van 13 Grand Slam-titels, het vanjaar haar vyfde Australiese Ope-titel gewen toe sy België se Justine Henin in die eindstryd geklop het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24