Semenya wen 400 m moeiteloos
2011-03-10 23:00
Kaapstad - Caster Semenya, wêreldkampioen in die 800 m vir vroue, het haar eerste 400 m-wedloop by die derde byeenkoms van die Yellow Pages-atletiekreeks moeiteloos gewen.
Semenya is Donderdag tydens ‘n koue herfsaand in Belville, Kaapstad, fyn dopgehou deur die skare.
Sy het die wedloop in ‘n tyd van 54.03 voltooi met Tjipekapora Herunga van Namibië kort op haar hakke.
“Ek fokus op spoed vir die oomblik en daarom het ek besluit om hierdie week die 400 m aan te pak,” het Semenya gesê.
“Ek is gereed vir die 800 m-wedloop tydens die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe, maar vir eers moet ek op my spoed fokus.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA