Semenya verras by Tuks

2011-01-31 13:29
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Caster Semenya, Suid-Afrika se vroue-wêreldkam­pioen in die 800 m, het Saterdagmiddag verras deur aan ’n 800-wedloop op ’n ligabyeenkoms van die Tukkies deel te neem, berig Sport24.

Dit was die eerste keer dat Semenya in aksie was nadat sy haar verlede jaar weens ’n rugbesering aan die Suid-Afrikaanse Statebondspele-atletiekspan onttrek het.

Hoewel haar wentyd van 2 minute 9.60 sekondes niks is om oor opgewonde te raak nie, is Mi­chael Seme, haar afrigter, tevrede. “Die plan was nie dat Caster ’n vinnige tyd moes hardloop nie. Dit was eintlik niks anders as ’n harde oefensessie nie. Ons wou vasstel hoe haar rug sal reageer wanneer sy aan ’n wedloop deelneem.

“Dit het heel goed gegaan. Caster het gesê haar rug pla nog effens, maar dis niks ernstigs nie.”

Volgens Seme is die kans goed dat sy dalk nou vroeër aan die Geelbladsye-reeks sal deelneem.

 - Simoné du Toit het Saterdag op ’n binnenshuise byeenkoms in Houston die tweede keer in twee weke haar beste afstand in die gewigstoot verbeter toe sy 17.49 m gestoot het.

Sy het twee weke gelede op ’n binnenshuise byeenkoms in Dallas ’n afstand van 17.45 m behaal.

Haar pa, Boesman, sê sy was erg gefrustreerd omdat soveel dinge vooraf verkeerd geloop het.

Sy het haar nek in die bus verlê en die busbestuurder het boonop verdwaal. Dit het daartoe gelei dat die atlete laat by die byeenkoms opgedaag het en daar geen tyd vir Du Toit was om vooraf op te warm nie.

“Simoné het basies net by die stadion opgedaag, toe moes sy begin deelneem. Sy glo dat as dinge anders uitgedraai het, sou sy dalk 18 m kon stoot.”

 - Anika Smit, Statebondspele-kampioen in 2006, het op die ligabyeenkoms by die Universiteit van Pretoria die hoogspring met ’n hoogte van 1.83 m gewen.

Haar wenhoogte is beter as die hoogte waarmee die goue medalje op verlede jaar se Suid-Afrikaanse senior byeenkoms gewen is.

Smit was baie opgewonde oor haar vertoning. “Ek weet ek is tot ’n beter hoogte in staat. Hoewel ek nog simpel foute begaan, dink ek ek kan nou al 1.86 of 1.88 m spring.”

 - Tlou Seloba van die Benoni High School het Saterdag op ’n ligabyeenkoms in Germiston vir verskeie internasionale atlete weggehardloop om die 800 m in 1:48.20 te wen. Kristof van Malen van België was tweede in 1:49.20.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24




 

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.