Semenya terug op dreef
2010-09-10 12:00
Milaan – Caster Semenya is behoorlik terug op dreef nadat sy die 800 m vir vroue, Donderdag by die Notturna di Milano-byeenkoms in Italië gewen het.
Dié 19-jarige wêreldkampioen van Suid-Afrika het Hind Dehiba van Frankryk in die pylvak ingehaal om in 'n tyd van 1:58.16 te wen.
Dit was haar beste vertoning sedert 'n 11 maande lange dispuut oor haar geslag, haar weerhou het om aan byeenkomste deel te neem.
Dit is ook die wêreldkampioen se laaste wedloop voor aanstaande maand se Statebondspele in New Delhi, Indië.
Oscar Pistorius het die 400 m in ‘n tyd van 46.48 afgelê. Dit was sy 22ste én finale wedloop van die seisoen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA