Semenya sleep koerant dalk hof toe

2009-11-15 15:19
Tweets Share Share line Print

Pieter Malan en Marthinus van Vuuren

Die beleërde 800m-atleet Caster Semenya se regsverteenwoordigers oorweeg regstappe teen die Britse dagblad The Guardian nadat ’n verslaggewer van die koerant glo “onder valse voorwendsels” ’n breedvoerige onderhoud met haar gevoer het.

In die artikel, wat drie blaaie van die koerant se sportseksie beslaan, sê sy sy is steeds vol hoop dat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) die komende week in haar guns sal beslis en dat sy haar atletiekloopbaan volgende jaar sal kan voortsit.

Die IAAF sal na verwagting Vrydag die uitslae van Semenya se geslagstoetse aan die relevante partye bekend maak en beslis of sy steeds as ’n vrou mag deelneem. Dié liggaam het egter vroeër gesê die uitslag is privaat en sal nie aan die groot klok gehang word nie.

Dit blyk dat joernalis van The Guardian Donald McRae by Semenya se eerste oefensessies was nadat die storm om haar kop losgebars het.

Greg Nott, Semenya se prokureur, kon nie teen druktyd aan Rapport sê wat die “valse voorwendsels” van die onderhoud behels nie.

Hy het wel in ’n verklaring gesê Semenya “weier steeds om enige onderhoud aan enigeen toe te staan”.

“Die redes vir ons kliënt se posisie is voor die hand liggend.”

Die aanhalings en verwysings na Semenya in die artikel is glo “onder valse voorwendsels en op ’n verkeerde en onwettige manier by haar bekom”.

Semenya sê ook in die artikel sy voel tuis tussen haar mede-atlete aan die Universiteit van Pretoria.

“Hulle weet wie ek is. Ek is net Caster vir hulle. Ek voel goed saam met hulle.”

Sy sê buiten die atletiekbaan en universiteit is daar nie meer “veel plekke” waar sy op haar gemak voel nie. “Mense wil na my staar. Hulle wil aan my vat. Ek is veronderstel om beroemd te wees, maar ek dink nie ek hou baie daarvan nie.”

Het die gebeure haar verander?

“Wat is die punt daarvan om te verander? As ek iemand anders word, sal dit sleg wees. As ek anders optree teenoor my vriende sal hulle nie gelukkig wees nie. Dit is belangrik vir my om dieselfde te bly. Ek kan steeds saam met my vriende lag.”

Sy het luidens die artikel geweier om vrae oor haar geslag of die IAAF-toetse te beantwoord.

- Rapport

Lees meer oor: caster semenya  |  sport

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Dit lyk vir my of ons probeer verloor, maar ons kan dit net nie regkry nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.