Semenya se loopbaan dalk aan skerwe

2009-09-11 07:48
Tweets Share Share line Print

Sydney- Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sê Caster Semenya se wêreldtitel sal nie van haar af weggeneem word nie, maar het bevestig dat vier ander atlete in soortgelyke situasies gevra is om hul loopbane te beëindig.

Die 18-jarige wêreld 800m-kampioen het volgens berigte in die Daily Telegraph nie 'n baarmoeder of eierstokke nie.

Dié koerant in Australië het 'n anonieme bron aangehaal wat die inligting rondom Semenya se geslagstoetse bekendgemaak het. Volgens die IAAF moet die uitslae van die toetse eers in November bekendgemaak word.

"Daar is duidelike bewysse dat Semenya tweeslagtig is," het dié bron gesê.

Die ANC het dié skok-onthulling as "seksisties" en rassisties" bestempel.

Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika, het dié berig afgeskiet en gesê dit is 'n "duistere agenda om daardie meisiekind te vernietig", berig Sport24.

Chuene het gesê behalwe dat hy geskok is, "walg" die berig hom.

"Die IAAF het nou die hele Suid-Afrika en die ANC op hul nekke. Alles sal volgens die boek en bo verdenking gedoen moet word," het die bron verder gesê.

"Dit (tweeslagtigheid) of om nie 'n regte vrou te wees nie,  kan baie dramaties wees. Daar is allerhande skanderings wat jy kan doen, maar dit is nie meer so eenvoudig nie. Dít is hoekom dit so gekompliseerd is."

Semenya gaan glo aangeraai word om so spoedig moontlik ’n operasie te ondergaan omdat haar toestand baie ernstige gesondheidsgevare inhou.

Luidens dié berig het die toetse ook aan die lig gebring dat Semenya interne testikels het wat testosteroon vervaardig. Sy het glo drie keer meer testosteroon as ander vroue-atlete.

Vroeër gister het mnr. Pierre Weiss, sekretaris-generaal van die IAAF, aan die nuusagentskap AFP gesê dit is duidelik sy (Semenya) is ’n vrou, maar sy is dalk nie “100% vrou” nie.

“Dalk word sy bevoordeel deur die feit dat sy so half tussen geslagte is.”

Weiss het gesê Semenya se geval sal in November op ’n uitvoerende raadsvergadering bespreek word. Tot dan is die IAAF nie bereid om enige inligting daaroor bekend te maak nie. Semenya sal dan ook weet of daar nog vir haar ’n toekoms as internasionale atleet is.

“Ons het steeds nie al die uitslae nie,” het Weiss gesê. “Die uitslae wat reeds tot ons beskikking is, moet aan deskundiges vir evaluering voorgelê word. Ons dilemma is of ons deskundiges van buite die IAAF moet gebruik, of ons eie mediese komitee, of albei.”

Volgens Weiss kan die regulasies van mediese geheimhouding die IAAF verhoed om al die uitslae van die toetse op Semenya bekend te maak.

Weiss het gesê dít is die agste geslagsondersoek deur die IAAF sedert 2005. Volgens hom is vier atlete al gevra om uit te tree.

Semenya sal môre die media op ’n nuuskonferensie van Atletiek Suid-Afrika in Pretoria toespreek.

– Sapa-AFP


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek  |  iaaf  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 135,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2012
R 319,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.