Semenya sal gou weet of sy kan hardloop

2010-03-29 10:39
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Daar behoort teen Maandagmiddag uitsluitsel te wees oor Caster Semenya, die vroue-wêreldkampioen in die 800 m, se beplande deelname aan Dinsdag se Geelbladsye-byeenkoms in Stellenbosch.

Ray Mali, waarnemende voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), gaan tydens ’n telefoniese konferensie by die besluitnemers van die internasionale vereniging van atletiekfederasies (IAAF) hoor wat hom te doen staan as Semenya in Stellenbosch opdaag en daarop aandring om deel te neem.

Dit is onduidelik waar die gerugte oor Semenya se deelname ontstaan het.

Michael Seme, haar afrigter, het Sondag ontken dat hy enigiets daarvan weet. Sy enigste antwoord toe hy daarna gevra is, was dat dit nuus vir hom is.

Paul Martin, woordvoerder van Geelbladsye, sê daar is nie ’n 800 m-wedloop vir vroue op die byeenkoms in Stellenbosch nie en Semenya se naam verskyn nie op die lys van deelnemers nie.

Volgens hom dra hy ook geen kennis van die vliegtuigkaartjie wat glo reeds vir Semenya gekoop is nie.

Hy het dit duidelik gestel dat die borge nie vir Semenya se kaartjie sou betaal het nie.

Semenya is wel hard aan die oefen. Die atlete wat haar reeds in aksie gesien het, sê sy is heelwat skraler as verlede jaar.

Beeld het betroubaar verneem dat die nuutste gerugte oor Semenya ’n manier kan wees om die IAAF te dwing om op te hou sloer en sy besluit oor haar toekoms bekend te maak.

Daar is weer daarop gewys dat Semenya nooit amptelik deur die IAAF geskors is nie en dat sy kan deelneem waar en wanneer sy wil, ondanks ’n onderlinge ooreenkoms dat sy sal wag totdat die ondersoek na haar geslag afgehandel is.
 

Lees meer oor: iaaf  |  caster semenya  |  atletiek

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.