Semenya na Berlyn genooi
2010-07-13 20:59
Berlyn – Organiseerders in Duitsland wil Caster Semenya uitnooi na die Olimpiese stadion waar sy die 800 m wêreldtitel verlede jaar gewen het.
Gerhard Janetzky, direkteur van die jaarlikse Istaf-byeenkoms in Berlyn het gesê die organisasie het reeds navraag gedoen oor haar deelname aan volgende maand se byeenkoms.
Die 19-jarige Semenya is verlede week deur die IAAF die groen lig gegee om weer aan atletiekbyeenkomste deel te neem.
Sy gaan na verwagting haar terugkeer Donderdag in Finland maak.
Volgens Janetzky gaan Semenya eers haar fiksheid toets voordat sy ‘n besluit oor Berlyn sal neem.
“Indien sy nie hierdie jaar aan die byeenkoms gaan deelneem nie, sal ons haar graag in 2011 ook vewelkom.”
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA