Semenya-manie tref SA
2009-08-25 10:25
Johannesburg – Die polisie moes Caster Semenya na ’n verhoog by die O.R. Tambo-lughawe begelei toe jillende aanhangers agter haar gehardloop het.
’n Polisie erewag het platgeval toe aanhangers van die ster-atleet Caster Semenya gestoot het om haar te sien.
Oorstelpte aanhangers het gestoot om nader aan haar te kom toe sy en haar spanmaats in die land aankom het.
Aanhangers het aan haar probeer raak, geskree en agter haar gehardloop terwyl sy na die verhoog gestap het.
– Sapa