Semenya kook sommer vroeg

2011-02-20 13:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Koes, wêreld, Caster Semenya is kláár aan die kook – en sy gaan oor ses maande in Suid-Korea haar wêreldtitel in die 800 met ’n hengse baklei verdedig.

En die spiesgooier Robert Oosthuizen het sommer met die intrapslag die kwalifiserende vereiste vir die wêreldkampioenskappe (82.00) lag-lag met ’n yslike gooi van 83.82 oortref.

En Justine Robbeson het in die vroue-spiesgooi met ’n 60.93 ’n skrale 7 cm duskant die vereiste vir Suid-Korea gedraai.

Dít was die heel belowende boodskap van vanjaar se eerste Geelbladsye-atletiekbyeenkoms Saterdagmiddag in Potchefstroom.

Semenya het duidelik ’n grappie gemaak toe sy vroeër die afgelope week geskimp het dat ’n Potch-wentyd van “2:10” haar heel tevrede sou laat voel. Sy het Saterdag in 2:04.13 gewen – en in die proses sommer ook hakskene gewys vir die huidige SA kampioen, Mapaseka Makhanya.

Makhanya was tweede in sélf ’n goeie 2:04.99.

Dié was maar Semenya se tweede wedloop vanjaar nadat sy nou anderdag op ’n laeprofiel-byeenkoms in Pretoria afgeskop het.

Semenya kwalifiseer outomaties vir die wêreldkampioenskappe in Daegu vanweë haar nou-beroemde (of is dit berugte?) weghol-sege by die vorige wêreldkampioenskappe in 2009 in Berlyn.

Oosthuizen se puik afstand met sy derde gooi sal vir hom soos ’n soete melodie klink nadat hy homself amper ’n jaar gelede in Durban by die SA kampioenskappe ernstig beseer het. Hy het daarna feitlik heel seisoen op die kantlyn gesit en hande klap vir die man wat hom in Durban geklop het – Hardus Pienaar.

Pienaar was tweede met ’n – vir hom beskeie – 74.53. Wanneer hy die dag óók weer kook, kan hy en Oosthuizen vir rillers sorg – en albei kan in Suid-Korea hul buitelandse broers ’n bloedneus of twee gee.

Robbeson het sélf verlede jaar rustig gevat – en toegesien hoe haar NWU-Puk-spanmaat Sunette Viljoen die SA rekord verby 66 m skuif én die Statebondstitel wen.

Saterdag het Justine met ’n 60.93 gewen en Sunette was tweede met ’n rustige 55.85. Ook dié twee wêreldklas-spiesgooiers is medalje-materiaal in Daegu.

Met LJ van Zyl nog nie aan’t hardloop nie, het die jonge Matie Cornél Fredericks gister die eerste SA man vanjaar onder 50 sekondes in die 400-hekkies geword.

Cornél het in ’n heel belowende 49.60 gewen.

- Rapport

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.