'Semenya het mediese behandeling gehad'

2010-07-08 08:33
Tweets Share Share line Print

Pretoria. - Caster Semenya het die afgelope paar maande mediese behandeling gekry – dit is die rede waarom sy nou toegelaat word om as vroue-atleet mee te ding.

Marius van der Watt, ’n Suid-Afrikaanse afrigter, het Woensdag gesê ’n hoë amptenaar van Atletiek Suid-Afrika (ASA) het dit aan hom gesê.

Richard Stander, administratiewe hoof van ASA, wou nie gisteraand erken of ontken dat Semenya behandeling gekry het nie.

Plaaslike atletiekafrigters het gister gesê die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het gefouteer om dié behandeling nie bekend te maak nie. Hulle het gesê hulle hoor net skielik Caster mag weer deelneem, maar daar word geen verduideliking verstrek oor wat nou eintlik in die afgelope 11 maande verander het om die IAAF tot ander insigte te bring nie.

Atlete het gister gesê hulle is nuuskierig oor wat Semenya se tye nou gaan wees ná die hormoonbehandeling.

Jean Verster, ’n afrigter, het gesê hy aanvaar dat atlete verlig is om te weet wat met Semenya aangaan. “My enigste vraag is waarom het Caster nie die behandeling voor die wêreldbyeenkoms in Berlyn gekry nie? Dit sou beslis vir haar en die hele Suid-Afrika ’n groot verleentheid gespaar het.”

Jenny Meadows, die Britse bronsmedaljewenner in die 800 m by die Wêreldbyeenkoms in Berlyn waar Semenya gewen het, het aan die Daily Telegraph gesê die IAAF se besluit verbaas haar nie.

“Ek het altyd geweet Caster gaan weer deelneem.

“Ek is net soos almal nuuskierig om te sien wat gaan gebeur wanneer Caster die eerste keer deelneem.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: iaaf  |  caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.