Semenya hardloop weer weg met titels
2011-04-30 09:00
Kaapstad – Caster Semenya, die vroue-wêreldkampioen in die 800 m, het die 400 m en 1500 m titels verower op die eerste dag van die Suid-Afrikaanse Universiteite-kampioenskap in Stellenbosch.
Semenya het die 1500 m voltooi in vier minute, 22,46 sekondens en die 400 m in 53,18 sekondes, het RSG berig.
Sy neem deel vir die Universiteit van Pretoria.
Haar tyd in die 1500 m was bykans tien sekondes stadiger as by die Suid-Afrikaanse Nasionale kampioenskap vroeër die maand. Semenya is ook die gunsteling in die 800 m wat Saterdag beslis word.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.