Semenya: dis glo SA-rassiste se skuld

2009-08-21 14:08
Tweets Share Share line Print

Caster Semenya (AFP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), het Vrydag gesê dat rassistiese Suid-Afrikaners verantwoordelik is vir die bohaai aangaande Caster Semenya se geslag.

Semenya het verlede maand die wêreld verras toe sy die junior Afrika 800m titel in 1:65:72 sekondes gewen het.

Maar toe sy Berlyn aankom vir die atletiek Wêreldkampioenskappe het die internasionale atletiekbeheerliggaam (IAAF) gevra dat toetse gedoen moet word om haar geslag te bepaal.

Chuene het gesê dat ASA nooit ‘n rede gehad het om Semenya se geslag te betwyfel nie, ten spyte van haar gespierde lyf, gesigshare en diep stem.

Hy het gesê dat ASA nie vure sou kon doodslaan indien Semenya vroeër getoets was nie.

“Asa se verantwoordelikheid is om kinders op te lei en hulle na die kampioenskappe te neem,” het Chuene gesê.

“Wanneer ‘n kind gebore word neem die ouers nie die kind vir toetse om te bevestig of dit ‘n seun of ‘n meisie is nie. Hulle kyk net.”

“Die familie bring vir ons ‘n kind en as hulle sê dit is ‘n meisie, aanvaar ons dit.”

“Ons berei haar dan voor, soos ons gedoen het, en sy het goud gewen. So ons het ons werk gedoen. Sê julle vir my wat ons meer kon gedoen het..”

Chuene het rassistiese Suid-Afrikaners daarvan blameer dat hulle briewe vir die IAAF geskryf het.

Hy glo dit was die afsetpunt van die ondersoek oor haar geslag.

“Dit gaan oor rassisme,” het Chuene gesê.

“Hierdie bewerings kom van Suid-Afrikaners. Hoekom het hulle aan die IAAF geskryf?”

“Dit is dieselfde mense wat nie 2010 wil sien gebeur nie, dieselfde mense wat swart mense afbring en dieselfde mense wat weier om te glo dat Suid-Afrikaners dit tot op die wêreld podion kan maak,” het hy gesê.

Die toetsresultate sal eers oor vyf weke beskikbaar wees.


- Sapa








 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.