Sekuriteit kort vir Statebondspele
2010-08-13 07:44
Sydney – ‘n Australiese sekuriteitsbeampte wat op die Statebondspele werk, het gesê dat Indië agter is met hul sekuriteit-voorbereidings vir die spele en hy het opgemerk dat daar ‘n tekort aan tegnologie soos kringtelevisiekameras is.
Die Australiër Justin Bowden het Donderdag tydens ‘n verkenningstog wat hy verlede week na Nieu-Delhi gemaak het, gevind dat “almal retoriese stellings maak” oor die Spele wat van 3-14 Oktober plaasvind.
Amptenare van Australië en Nieu-Seeland het Woensdag gesê dat hulle bekommernisse het oor sekuriteit vir die Spele, wat gekniehalter word deur konstruksie-vertragings aan belangrike byeenkomsplekke en korrupsie-aantygings.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AP