Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Seksskandaal ruk Paralimpiese Spele

2012-08-23 15:05
Tweets Share Share line Print
Video - Span SA gereed vir Paralimpiese Spele
Talle mense is na OR Tambo-lughawe om Span SA, wat op pad is Londen toe vir die Paralimpiese Spele, te groet. KYK
 

Ammam – Drie lede van Jordanië se span by die Paralimpiese Spele is uit die toernooi onttrek nadat hulle van seksuele aanranding by 'n oefenkamp in Noord-Ierland beskuldig is, het 'n beampte Donderdag gesê.

"Jordanië se Olimpiese komitee het besluit om die drie lede te onttrek. Hulle sal Donderdagmiddag in Ammam aankom," het 'n lid van die komitee op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Die drie mans is Woensdag op borgtog vrygelaat, het die komiteelid bygevoeg.

Jordanië se besluit volg 'n dag nadat die land benadruk het dat "geen wangedrag geduld sal word nie" en dat dit volle vertroue in die Britse regstelsel het.

Twee gewigoptellers in rolstoele en hul afrigter het Woensdag op aanklagte van seksuele geweld en afloerdery in die hof verskyn.

Alhoewel 'n senior regeringsamptenaar berigte ontken het dat Jordanië se koning Abdullah II persoonlik probeer ingryp het, het hy gesê die koning is "bekommerd" oor die aantygings.

"As dit bewys word sal Jordanië, wat die hof ten volle ondersteun, die optrede veroordeel. Maar terselfdertyd ondersteun Jordanië sy burgers binne én buite die land," het die amptenaar Woensdag gesê.

Die mans is Maandag in die dorp Antrim, noordwes van Belfast, in hegtenis geneem nadat drie vroue klagtes aanhangig gemaak het.

Omar Sami Qaradhi (31) is uitgeken deur 'n 14-jarige meisie, wat beweer het dat sy langs hom gestaan het vir 'n foto toe hy haar tussen haar bene gegryp het.

Qaradhi word ook van afloerdery beskuldig nadat hy glo 'n vroue-kleedkamer binnegegaan het.

Op dieselfde dag het 'n 16-jarige meisie saam met 'n vriend langs 'n rivier naby die span se oefenkamp gewandel toe die drie verdagtes haar pad versper het.

Die polisie beweer een van die mans het haar na Omar gestamp wat sy arms om haar gesit en haar vasgehou het, maar dat sy toe weggehardloop het.

Die drie verdagtes se volgende hofverskyning is op 18 Oktober.

Volg Nuus24Sport op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Kya Sand - 17:35 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    OVERTURNED VEHICLE at River Road - delays both ways
  • Thursday Irene - 17:34 PM
    Road name: Nellmapius Drive Eastbound
    SLOW TRAFFIC approaching Main Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.