Seer rug hou Djokovic uit Chinese Ope
2011-09-29 15:01
Beijing – Die topgekeurde manstennisspeler Novak Djokovic moes Donderdag weens 'n rugbesering uit die Chinese Ope onttrek.
Organiseerders van die toernooi het gesê die verdedigende kampioen het onttrek omdat onlangse mediese toetse gewys het dat hy steeds nie van sy besering, wat hy in die Amerikaanse Ope in Augustus opgedoen het, herstel het nie.
Die Chinese Ope begin Maandag in Beijing.
Dit is nog nie duidelik of die 24-jarige Serwiër die Shanghai-meesterstoernooi, wat oor twee weke begin, ook dalk sal misloop nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA