Schumi warm in F1-voorseisoen
2012-02-09 15:15
Jerez – Michael Schumacher het Donderdag die vinnigste tyd opgestel op die tweede dag van die Formule Een-reeks se voorseisoense oefensessie in Spanje.
Die Duitse renjaer het in Mercedes se 2011-motor gejaag om sy ronde op die Jerez-baan in 'n tyd van 1.18.561 te voltooi.
"Dit was 'n baie produktiewe sesssie. Ek sien uit om die 2012-motor by die volgende oefensessie uit te toets," het Schumacher gesê.
Mark Webber was die tweede vinnigste jaer, 0.623 sekondes stadiger as Schumacher, in Red Bull se nuwe motor vir die 2012-seisoen.
Kimi Raikkonen (Lotus) het die vyfde vinnigste tyd aangeteken nadat hy op die eerste dag se oefensessie die vinnigste tyd opgestel het.
Die eerste Grand Prix van die jaar vind op 18 Maart in Melbourne plaas.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport in Twitter.