Schleck onttrek aan wêreldkampioenskappe
2010-08-25 06:00
Luxemburg - Luxemburg se Andy Schleck, wat tweede in die Tour de France geëindig het, sal nie aan die Internasionale Fietsryvereniging (UCI) se wêreldkampioenskappe deelneem nie.
Die UCI het Dinsdag gesê Schleck is besig om voor te berei vir die toer van Spanje wat Saterdag in Seville begin en tot 19 September duur.
Hy hoop ook om aan die toer deur Lombardy in Italië deel te neem wat op 16 Oktober begin.
Die UCI se wêreldkampioenskappe word vanaf 29 September tot 3 Oktober gehou.
- SAPA