Scheepers se planne in Sydney van die baan
2012-01-10 13:25
Johannesburg – Chani Scheepers het hard teruggeveg in die tweede ronde van Sydney se jaarlikse tennistoernooi, maar die vierde gekeurde Li Na van China was net té sterk vir die Suid-Afrikaner.
Dié twee se kragmeting het drie stelle geduur, met Scheepers wat uiteindelik met 6-2, 4-6, 1-6 tevrede moes wees.
Scheepers, Suid-Afrika se topgekeurde vrouespeler, het in die eerste stel oorheers, maar Li, wat verlede jaar die Franse Ope gewen het, het haar ritme in die tweede stel gevind.
Scheepers het Hongarye se Melinda Czink vroeër, in die eerste ronde van die toernooi, geklop.
Intussen het Suid-Afrika se topgekeurde mansspeler, Kevin Anderson, in die eerste ronde van die Heineken-ope in Auckland die onderspit gedelf teen Adrian Mannarino van Frankryk.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP