Sauser-hulle wys weer hakskene

2011-10-20 07:58
Tweets Share Share line Print

Albertina – Max Knox (Ghost) en Christoph Sauser (Songo.info) het met taktiese, slim rywerk verseker dat hulle Woensdag die tweede agtereenvolgende dag ’n skof in die DCM Cape Pioneer Trek-bergfietstoer wen.

Dié terugvegpoging van Knox en Sauser was nie die dag se groot nuus nie.

’n Stormsterk wind het vroegoggend die toer-organiseerders in Albertinia behoorlik laat bontstaan toe van die tweeman-tente waarin die jaers moes slaap, losgeruk en weggewaai het. Van die tentpenne het selfs gebreek.

Daar moes inderhaas gespook word om die oorblywende tente en baniere plat te slaan voordat dit ook die lug in op is.

Teen Woensdagmiddag was daar sprake dat die jaers in die gange en klaskamers van die skool sou slaap, omdat die organiseerders nie kanse met die wind wou waag nie.

Die jaers het weer behoorlik bloed gesweet tussen die talle los rotste, gate, slote en skrikwekkende afdraandes.

Knox, die huidige kampioen, en Sauser, die Switserse wêreldkam­pioen, het juis in een van die mees tegniese gedeeltes ’n aanval geloods.

Soos die geluk, of ongeluk, dit wou hê was David George en Kevin Evans (Nedbank 360Life), die algehele voorlopers, juis op daardie oomblik besig om ’n lekband te herstel.

Hulle moes magteloos toekyk hoe die jaers van vier spanne vir hul wegjaag.

Die MTN-Qhubeka-span was die volgende span wat deur ’n meganiese fout tot stilstand gedwing is. Die agterwiel van Adrien Niyonshuti se fiets het die gees gegee.

Dit het daartoe gelei dat hy feitlik elke drie kilometer moes stop om dit reg te maak.

Uit pure desperaatheid het sy spanmaat, Jacques Janse van Rensburg, naderhand probeer om die wiel met ’n klip en ’n meerdoelige gereedskapstuk reg te timmer.

Niyonshuti kon darem by die volgende waterpunt wiele omruil.

Knox en Sauser was onstuitbaar selfs al het ’n erge dwarswind hul soms lelik laat les opsê. Hulle wentyd vir die skof van Riversdal hierheen was 4 uur 12 minute en 24 sekondes.

Ben-Melt Swanepoel en Nico Bell was tweede in 4:13:53. Met die vertoning het hul feitlik verseker dat hulle ook algeheel tweede sal eindig.

Evans en George was derde in 4:17:22. Hulle is algeheel steeds 20 minute voor.

Knox en Sauser is vyfde, 75 minute agter.

In die gemengde afdeling het Switserland se Kathrin Stirnemann en Sandro Soncin (BH Hai Bike) vir Erik en Ariane Kleynhans (Contego/Giant/Sludge) met sentimeters geklop. Die wentyd was 5:08:47.

Die Kleynhans-egpaar is steeds algeheel voor.

Ischen Stopforth en Catherine Williamson (Bizhub) het in die vroue-afdeling hul derde agtereenvolgende skofsege behaal. Hul wentyd was 5:16:27.

Donderdag se skof is van Albertinia na Mosselbaai (98 km).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: max knox  |  christoph sauser  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.