Saskok sê ook Semenya mag nie

2010-01-15 16:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Caster Semenya mag nie aan enige wedlope deelneem totdat 'n finale besluit nie geneem is oor die uitslae van haar geslagstoetse nie, het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) Vrydag bekendgemaak.

"Kom ons wees duidelik oor een ding. Soos dinge nou lyk, word Caster nie toegelaat om in enige byeenkoms of wedloop deel te neem nie. Die kwessie van die uitslae van haar geslagstoetse sit nog steeds by die internasionale organisasie, die IAAF [Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies]," het Saskok-president Gideon Sam in 'n verklaring gesê.

"Hulle is nog besig om hulle werk te doen en die proses duur voort," het Saskok gesê.

Die organisasie het gesê Semenya se afrigter, Michael Seme, het "onverantwoordelik en sonder die nodige gesag" opgetree toe hy gesê het sy sal in die Atletiek Suid-Afrika-seisoen wat kom teen vroue hardloop.

Seme het vroeër vandeesweek aangekondig dat Semenya vanjaar weer aan kompetisies sal deelneem, maar toe hy Vrydag vir meer inligting gevra is, het hy geweier om kommentaar te lewer.

Daar is onder andere beweer dat Semenya aan die Geelbladsye-reeks sal deelneem.

IAAF-woordvoerder Nick Davies het net gesê: "Die amptelike posisie van die IAAF is dat ons nie enige kommentaar lewe voor die saak nie opgelos is nie."

Davies het egter Woensdag in 'n e-pos aan Die Burger gesê die ­IAAF het geen probleem daarmee as Semenya aan die Geelbladsye-reeks deelneem nie. Hy het dit duidelik gestel sy is nie geskors nie en kan deelneem totdat die IAAF 'n finale besluit geneem het.

–Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: iaaf  |  caster semenya  |  saskok

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Baie intresante span wat gekies is vir Cheeta game. Sien uit na die seisoen!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i E46 AT
2003
R 109,990.00

MERCEDES

CLK 430 Cabriolet AT
2000
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2004
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.