Sportbaas ‘sal self toilette skrop as dit moet’

2010-09-27 12:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Hy sal selfs die toilette skoonmaak om seker te maak sy land presteer op die Statebondspele wat oor sowat ’n week in Nieu-Delhi, Indië, begin, het Suid-Afrika se Olimpiese baas gesê.

Volgens Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), is daar geen rede waarom Suid-Afrika moet onderpresteer nie en sal hy inspring om dit vir die atlete aangenamer te maak.

“Ons atlete het geen verskoning as hulle nie op die Spele presteer nie,” het Sam Saterdagaand op ’n afskeidgeselligheid in Boksburg gesê voordat die span Sondag na Indië vertrek het.

“As hulle ontevrede is omdat hul kamers nie skoon is nie, sal hulle hul baadjies moet uittrek en dit self moet skoonmaak.

“Ons sal nie kla nie. Suid-Afrikaners doen dit nie. En as ek Vrydag daar aankom en ’n toilet is nie skoon nie, sal ek dit self skoonmaak.”

’n Paar lande het hul spanne se vertrek na Delhi uitgestel, aangesien organiseerders nog opruimingswerk doen.

Sommige atlete het hulle selfs Sondag aan die Spele onttrek.

Terwyl Indië onder baie kritiek deurloop weens akkommodasie-, konstruksie- en sekerheidsprobleme het Sam ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om positief te bly.

Hy het ook ’n hou na ontwikkelde lande gemik wat die Spele se organiseerders kritiseer.

Dit ondanks beeldmateriaal van die swak toestand van die dorpie waarin atlete moet bly, ’n brug wat naby die hoofbyeenkomsplek inmekaargesak het én ’n aanval op toeriste twee weke voor die Spele.

’n Slang is glo ook in ’n Suid-Afrikaanse deelnemer kamer in die atlete-dorp gevind.

“Ons moet as ontwikkelende lande saamstaan. Ons kan nie toelaat dat ontwikkelde lande altyd die laaste woord inkry nie,” het Sam gesê.

“Ons het soortgelyke probleme met dié lande voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehad.”

Intussen moes organiseerders van die Spele skarrel om geriewe gereed te kry terwyl nasionale spanne reeds begin opdaag het.

Atlete is by die dorp waar hulle tuisgaan, begroet met grootskaalse opruiming wat die skoonmaak van toilette en die verwydering van bourommel ingesluit het.

Die Spele-federasie het ontken dat hy nagelaat het om sake in Delhi dop te hou.

Hy het die skuld op die Indiese regering gepak.

Verder het Maleisiese sportamptenare hul atlete teen knokkelkoors (dengue fever) tydens die Spele gewaarsku.

Tunku Imran Tuanku Ja’afar, president van Maleisië se Olimpiese Komitee, meen hulle moet op die uitkyk wees vir muskiete wat dié siekte versprei.  

- SAPA

Lees meer oor: statebondspele

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.