SA'ners neem deel aan taaiste ski-wedren
2011-12-15 17:30
Johannesburg - Twee Suid-Afrikaners, Braam Malherbe en Peter van Kets, gaan vroeg volgende jaar aan een van die taaiste ski-wedrenne ter wêreld deelneem, berig RSG.
Malherbe en Van Kets gaan saam met 'n groep adrenalien-verslaafdes van regdeur die wêreld 'n uithou-wedren na die Suidpool onderneem.
Ses spanne sal in uiterste weerstoestande oor 'n afstand van 800 km in Antarktika ski. Hulle vertrek Maandag uit Kaapstad om gereed te maak vir die wedren wat op 1 Januarie begin.
- RSG
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg