SA'ner vermorsel Andy Murray
2011-08-10 11:16
Montreal - Andy Murray se verdediging van sy titel by die Montreal-meesterstoernooi in Kanada het Dinsdag in duie gestort toe hy deur die Suid-Afrikaner Kevin Anderson met 6-3, 6-1 verpletter is.
Die toernooi se tweemalige kampioen is in 69 minute uitgeskakel.
"Vandag kon ek net nie aan die gang kom nie. Ek het albei stelle baie sleg begin, iets wat nie help as jy teen 'n ou speel met afslane soos Kevin nie," het die Brit oor sy nederlaag gesê.
Die meesterstoernooi in Montreal word deur spelers as voorbereiding vir die Amerikaanse Ope, wat vanaf 29 Augustus tot 11 September in New York plaasvind, gebruik.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24