SA'ner slaan groot slag

2010-09-01 07:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Suid-Afrika se Kevin Anderson het Dinsdagoggend vroeg (SA tyd) die eerste keer in sy loopbaan tot die tweede ronde van ’n Grand Slam-tennistoernooi deurgedring toe hy Indië se Somdev Devvarman in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope in skoon stelle verslaan het.

Die 24-jarige Johannesburger kon in ses vorige pogings nooit verby die eerste ronde van ’n Grand Slam-toernooi vorder nie, maar hy het dit in New York met die grootste gemak sewende maal skeepsreg gemaak deur Devvarman met 6-3, 6-4, 6-3 te klop.

Die wedstryd het net langer as twee uur geduur. In dié tyd het Anderson sy blitsige afslaan as ’n dodelike wapen ingespan en 12 kishoue afgeblits. Boonop het hy sy voormalige dubbelspelmaat laat sweet met ’n reeks akkurate voorarmhoue.

“My voorarmhoue is iets waaraan ek nogal baie saam met my afrigter gewerk het,” het hy volgens Virginia News gesê. “Ek weet reeds ek kan ’n paar maklike punte met my afslaan kry, en nou voel dit of ek nog ’n wapen in my arsenaal het.”

Anderson se volgende wedstryd is teen die 26ste gekeurde, Tomaz Bellucci van Brasilië.

Die vyfmalige kampioen, Roger Federer, het ’n waarskuwing aan die res van die aanspraakmakers gestuur toe hy Argentinië se Brian Dabul so gemaklik geklop het dat hy nog tyd gehad het om ’n skouspelagtige toertjie uit te voer.

Federer het die skare in die negende pot van die tweede stel na hul asem laat snak toe hy ’n wenhou tussen sy bene deur geslaan het. “Dis nie asof jy daardie houe kan oefen nie, of jy kry dit reg, of jy doen nie,” het hy volgens Sapa gesê.

Ander mans wat tot die tweede ronde deurgedring het, is Nikolay Davydenko (6de gekeur), Andy Roddick (9de) en Robin Soderling (5de).

In die vroue-afdeling het Venus Williams (3de) haar eersteronde-wedstryd in skoon stelle gewen. Jelena Jankovic (4de) is tot drie stelle gedwing om die Roemeen Simona Halep te klop.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

aduvenhage sê... Moenie worry nie. Soos SBW deur die range opstyg gaan hy beslis iemand teekom wat sewe kleure ### uit hom uit gaan ####. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 198,950.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT MY09
2010
R 371,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Base 5-dr
2011
R 136,153.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.