SA'ner kook in Dakar
2013-01-14 11:37
Johannesburg - Sarel van Biljon, die enigste Suid-Afrikaner wat op 'n vierwielmotorfiets aan die Dakar-tydren in Argentinië deelneem, het moeilike toestande oorkom om Saterdag se agste skof te wen.
Sondag is 'n rusdag vir die deelnemers.
Van Biljon is steeds derde op die punteleer vir vierwielmotorfietse, twee ure agter die Argentynse voorloper Marcos Patronelli.
Die agste skof tussen Salta en Tucuman moes weens kitsvloede verkort word. Die vragmotors kon glad nie deelneem nie.
Die motorfietse en vierwielmotorfietse kon die skof voltooi, maar die motors is na 88 km gestop.
Suid-Afrika se Giniel de Villiers is steeds in die derde plek op die punteleer vir motors.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24