SA wen silwer in 400-aflos
2011-09-02 14:35
Daegu, Suid-Korea – Die Suid-Afrikaanse aflosspan het Vrydag die silwermedalje in die 400 m-aflos by die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, gewen.
LJ van Zyl, Willem de Beer, Shane Victor en Ofentse Mogawane se tyd van 2:59.87 was net nie goed genoeg om die Amerikaners te klop nie.
Jamaika het derde geeïndig.
In die spiesgooi vir vroue het Sunette Viljoen, met 'n gooi van 68.38 m, die bronsmedalje gewen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24