SA troef Singapoer in WB

2011-07-06 08:25
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die verskil tussen die Proteas se beste beskikbare netbal-kombinasie en hul moontlike plaasvervangers is Dinsdag in hul oorwinning van 70-33 oor Singapoer beklemtoon.

Die Suid-Afrikaanse afrigtingspan het sy tweede Wêreldbeker-wedstryd hier met ’n paar tweedekeuse-spelers begin.

Hy is egter gedwing om die ou staatmakers op te stuur nadat die Proteas die eerste kwart met 13-15 verloor het.

Die doelskieter Claudia Basson (wat Tsakane Mbewe vervang het), die kaptein, Amanda Mynhardt (in die plek van Zukelwa Cwaba), en die onderkaptein, Zanele Mdodana (vir Thuli Qegu), het onmiddellik ’n verskil vir die Proteas gemaak.

Een van Basson se grootste bates is dat sy vir haar ruimte in die doelsirkel skep.

Dit het dit vir haar spanmaats veel makliker gemaak om haar met goeie aangeë te voer.

Terselfdertyd het haar doelmaat, Maryka Holtzhausen, met meer selfvertroue begin speel en haar langafstand-talente behoorlik laat tel.

Sake het ook beter verloop aan die ander kant van die baan, waar Mynhardt en haar mede-Pretorianer Leigh-Ann Zackey die doelskieters van die gasheerspan geen ruimte gegun het nie.

Singapoer het die druk gevoel en kon in die duur van die kwart net ses doele aanteken.

Met Basson en Holtzhausen wat tussen hulle 19 doele aangeteken het, was die rustyd-voorsprong ’n gerieflike 32-21.

Die Proteas het ná rustyd werklik voet op die versneller gesit, en daar was nie ’n enkele swak skakel nie.

Dié tydperk is gekenmerk met die spel wat die Suid-Afrikaanse afrigterspan Maandag (in die nederlaag) teen Jamaika wou gesien het: om die wedstrydplan perfek uit te voer – met spoed en akkuraatheid.

Hulle het die laaste twee kwarte met onderskeidelik 17-9 en 21-3 gewen.

Hoewel elke speler haar kant gebring het, verdien die aanvallende vleuel, Bongi Msomi, spesiale vermelding vir haar goeie spel.

Msomi is ’n voormalige o.21-kaptein.

Sy was teen Singapoer in net haar tweede internasionale wedstryd betrokke, maar is so vinnig soos blits en die tuisspan het dit onmoontlik gevind om haar in toom te hou.

- Intussen het die president van netbal se wêreldbeheerliggaam, Ifna, Dinsdag aan Reuters gesê sy sien ’n Olimpiese toekoms vir haar sport, maar hoop die Internasionale Olimpiese Komitee sal nie aandring op ’n manskompetisie ook nie.

“Ek dink nie mans-netbal is al op ’n vlak om iets soos ’n Wêreldtoernooi vir hulle te regverdig nie,” het Molly Rhone in Singapoer gesê.

Rhone het bygevoeg: “Ons is elke jaar in kontak met die IOK, ons is ’n erkende sport en ons probeer nou aan meer multisport-byeenkomste deelneem.”

Vir die jongste sport volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: netbal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.