SA-span vertrek na Statebondspele
2010-09-26 18:35
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Statebondspele-span het Sondag na Nieu Delhi, Indië, via Dubai vertrek.
Die span het volgens skedule vertrek, ten spyte van sommige spanne wat hul vertrek na Indië uitgestel het ná gerugte van swak infrastruktuur en sekuriteitsdreigemente wat soos ‘n donderwolk oor die Spele hang.
Tubby Reddy, hoof van die Suid-Afrikaanse Sportraad en Olimpiese Komitee (Sascoc), het gesê dat daar ná ‘n onafhanklike ondersoek van die span se basis gevind is dat hulle akkommodasie nog nie gereed is nie.
Nietemin is hulle deur die organiseerders verseker dat dit gereed sal wees as die span Maandag in Delhi land.
- Eyewitness News
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg