SA se oë op Anderson, Scheepers in Aus Ope
2012-01-15 11:30
Johannesburg – Kevin Anderson en Chanelle Scheepers moet die Suid-Afrikaanse vlag by die Australiese Ope, wat Maandag begin, hoog laat wapper.
Rik de Voest het in die laaste kwalifiserende ronde van die mansenkelspel teen die Italianer Matteo Viola gesneuwel.
Die Suid-Afrikaner het die eerste stel gewen, maar Viola het teruggeveg om 'n 4-6, 7-6, 6-4 oorwinning te behaal.
Izak van der Merwe, Raven Klaasen en die tiener Chanel Simmonds het almal in die eerste kwaliserende ronde uitgeval.
Slegs Kevin Anderson en Chanelle Scheepers, wat albei outomaties in die enkelspel-hooftrekking ingesluit is, van Suid-Afrika het agter gebly vir die eerste Grand Slam van die jaar.
Die 30ste gekeurde Anderson sal in die openingsronde van die mansenkelspel teen Frederik Nielsen van Swede te staan kom.
Scheepers moes die voormalige tweede gekeurde Svetlana Kuznetsova van Rusland laat les opsê om verby die eerste ronde te kom.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA