SA se Scheepers dring deur tot 3de ronde
2010-05-27 04:38
Parys – Suid-Afrika se nommer een tennisspeler, Chanelle Scheepers het Woensdag tot die derde ronde van die Franse Ope deurgedring.
Sy het die Argentyn, Gisela Dulko 3-6, 6-3, 6-4 geklop.
Scheepers (26) het die eerste Suid-Afrikaner geword wat tot dié ronde by die Roland Garros deurgedring het sedert Amanda Coetzer haar ondersteuners in 2001 trots gemaak het.
Sy sal volgende teen Uzbekistan se Akgul Amanmuradova speel om ‘n plek onder die laaste top-16 te kry.
Scheepers is tans 131ste op die wêreld-ranglys.
-AFP