SA se Anderson val vas teen Djokovic

2011-05-05 09:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Suid-Afrika se Kevin Anderson het moedig probeer, maar daar is steeds geen keer aan Novak Djokovic nie.

Dié Serwiër, wat met groot volwassenheid en baie selfvertroue speel, het Woensdag sy 28ste agtereenvolgende tennissege vanjaar behaal.

Anderson en Djokovic het die tweede keer vanjaar in ’n Meesterstoernooi kragte gemeet.

Woensdag was dit in die tweede ronde van die Madrid-toernooi en die naasbeste speler ter wêreld was met 6-3, 6-4 baas. Vroeër vanjaar het Djokovic in Miami met Anderson afgereken.

Anderson en Djokovic het 100 minute lank sake uitgespook en skouspelagtige tennis opgedis.

Dié twee het nie soseer op mekaar se foute geteer nie, maar eerder probeer om met wenners hul teenstander tot oorgawe te dwing.

Die telling is ietwat misleidend, want soos in Miami moes die Australiese Opekampioen uithaal.

Anderson het in die tweede pot van die tweede stel twee breekpunte gehad, maar kon nie dié kanse benut nie.

Anderson is een van die spelers wat vanjaar die meeste vordering in die internasionale arena getoon het.

Hy het die seisoen buite die top-50 begin en is tans 35ste nadat hy in Februarie sy eerste titel verower het.

Die koue werklikheid is dat die 24-jarige Anderson die wêreldranglys nóg sal moet klim, anders is kragmetings soos dié, met die beste spelers ter wêreld in die tweede ronde van toernooie, nog lank sy voorland.

Hy kan hom egter daaraan troos dat niemand nog vanjaar met Djokovic kon afreken nie.

Dié 23-jarige speler het in die proses vyf titels ver­ower, waaronder die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar, die Australiese Ope.

Nie eens die beste speler ter wêreld, Rafael Nadal van Spanje, kon Nole, soos die Serwiër bekend staan, stuit nie.

Nadal het Woensdag sy plek in die derde ronde bespreek toe hy Marcos Baghdatis met 6-1, 6-3 geklop het.

Die Spanjaard is die verdedigende kampioen in Madrid.

Nadal en Djokovic kan mekaar in die eindstryd ontmoet.

Dit was ook die geval in Miami en Indian Wells.

Djokovic benodig een sege om Ivan Lendl se rekord van 29 onoorwonne seges te ewenaar. Lendl het dit aan die begin van 1989 vermag.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.