SA rol dubbele goud los

2010-10-11 10:07
Tweets Share Share line Print

Nieu-Delhi - Suid-Afrika se rolbal-spelers het Sondag hul staal gewys toe hulle Statebond-goud opgeraap het in albei die drietal-kompetisies.

Sowel die mans-drietal- as vroue-drietal-spanne het goue medaljes gewen deur met Australiese teenstanders af te reken.

En albei moes eers deur die kookpot van ’n uitspeelstryd kom nadat hul wedstryde ná twee stelle gelykop was.

Die vroue, Susanna Steyn, Tracy-Lee Botha en Susan Nel, het eerste goud gewen en die uitdaging aan die mans – Johann du Plessis, Wayne Perry en Gideon Vermeulen – gerig om ook so te maak. “Dis ’n wonderlike gevoel. Ek is in die wolke,” het Nel, wat die wenpunt vir die vroue “ná ’n bietjie geluk” aangeteken het, gesê. Du Plessis, Perry en Vermeulen se wedstryd was ’n taai affêre.

Die Suid-Afrikaners het die eerste stel met 8-7 gewen en die tweede met 6-7 verloor, maar hulle het behoorlik losgetrek in die uitspeelstel en ses punte teenoor nul aangeteken.

Benewens die rolbalspanne se sukses het Suid-Afrika gister ook twee silwermedaljes gewen. LJ van Zyl is sy Statebond-titel kwyt nadat hy gister in die 400m-hekkies deur die Wallieser David Greene geklop is. Van Zyl moes met silwer tevrede wees nadat hy effens gestruikel het net voor die lyn.
 
Hy was vir die grootste deel van die wedloop voor, maar die Wallieser het hom in die pylvak gevang en met ’n tyd van 48.52 sekondes gewen. Van Zyl was 11 honderdstes van ’n sekonde stadiger in 48.63.

Nog ’n Wallieser, Rhys Williams, die seun van die Britse Leeus-vleuel JJ, was derde.

Die Pretoriase stoeier Heinrich Barnes het silwer in die 66 kg-vrystylafdeling gewen nadat die Indiese wêreldkampioen, Sushil Kumar, hom oorheers het in die stryd om die goue medalje. Suid-Afrika was onsuksesvol in die padfietsry-renne vir mans en vroue.

Carla Swart (agtste) en Cherise Taylor (10de) was die beste Suid-Afrikaners in die 112 km-ren vir vroue.

Net twee Suid-Afrikaners, Johann Rabie (17de) en Jay Thomson (30ste) het in die top-30 in die 168 km-ren vir mans geëindig. Robert Hunter was 40ste en Daryl Impey 41ste.

Suid-Afrika beklee steeds die vyfde plek op die medalje-tabel. Die land het nou ’n totaal van 31 medaljes gewen: 11 goud, 11 silwer en nege brons. Australië gee die pas aan met 61 goue medaljes. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.