SA-netbal eindig 5de
2011-07-10 14:00
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse netbalspan het vyfde op die wêreldranglys geëindig nadat hulle hul aardsvyande, Malawi, in Singapoer 52-50 geklop het, het RSG berig.
Dié oorwinning beteken dat Suid-Afrika weer die topspan in Afrika is.
Die Proteas het ook vir die volgende wêreldbeker-kampioenskap gekwalifiseer.
Die span se hoofafrigter, Elize Kotze, sê dit beteken dat die Proteas nou kan fokus om teen die wêreld se topspanne te speel.
Sy sê die span se vertoning in Singapoer het netbal weer onder die aandag van Suid-Afrikaners gebring.
Volg Nuus24 op Twitter.