SA kraai koning in moeilikste skof van fietstoer

2011-02-26 09:15
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - Die Suid-Afrikaanse padfietskampioen, die Kapenaar Darren Lill, is die eerste Suid-Afrikaner om ’n skof in die Toer van Suid-Afrika te wen.

Lill (DCM) was baas in gister se skof van Hermanus tot aan die bopunt van Ou Helshoogtepas oor 140km. In die heel moeilikste skof van die toer was die eerste vier jaers Suid-Afrikaners.

Lill is gevolg deur Johann Rabie (Bonitas), Jaco Venter (Willems Accent) en Daryl Impey (MTN-Qhubeka).

Nadat buitelanders die vorige vyf skofte van dié toer gewen het, was Lill oorstelp van vreugde én verligting om uiteindelik ’n skof vir sy land te wen.

“Ek moet eerlik wees en sê ek kan amper nie glo ons het nog nie ’n skof gewen nie, want ons jaers is goed. Of ek die Suid-Afrikaanse kampioen is of nie, ek is net bly ek kon dié skof wen,” het Lill gesê.

Max Cluer, lid van die organiseringskomitee, het gesê dit is baie gepas dat ’n Suid-Afrikaner die moeilikste skof van die toer gewen het. Die jaers moes oor Houwhoek-, Viljoenshoop-, Franschhoek- en Helshoogtepas gaan om by die eindpunt te kom. “Dit was ’n belangrike skof en die Suid-Afrikaanse ouens het mekaar lekker op Twitter aangevat oor die feit dat daar nog nie ’n Suid-Afrikaanse wenner was nie.

“Helshoogte het beslis die seuns van die manne geskei.”

Rabie, ’n boorling van Malmesbury, was ook ’n groot wenner op die dag. Hy het van die derde algehele plek na tweede opgeskuif, wat hom die voorste jaer van Afrika maak. Die Brit Kristian House­ is steeds die algehele voorloper.

Die laaste skof oor 100km begin om 12:00 in die Paarl en eindig omstreeks 14:00 weer daar.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.