SA hokkiespan, Indië deel louere

2010-03-09 10:00
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Kaapstad - So naby, maar tog so ver vir die Suid-Afrikaanse manshokkiespan in die Wêreldbeker-toernooi.

Suid-Afrika het gister in sy laaste groepwedstryd in Nieu-Delhi, Indië, gelykop (3-3) teen die gasheer gespeel.

Met dié uitslag eindig Suid-Afrika vyfde in sy groep en sal nou uitspeel vir die negende plek in die toernooi.
 
Dít nadat die Proteas so byna om ’n sewende plek uitgespeel het.

Suid-Afrika en Indië het albei 4 punte ná die vyf stryde, maar Suid-Afrika het ’n swakker doeleverskil ná die 12 doele wat hy teen Australië afgestaan het.

Die telling rustyd was 2-1 vir Indië.

Die Suid-Afrikaners sal in ’n mate teleurgesteld wees. Hulle het met 1-0 voorgeloop ná net 8 minute danksy ’n doel deur Lloyd Norris-Jones.

Indië se Sardar Singh het die telling 9 minute later gelykop gemaak en die tuisspan het kort voor rustyd die voortou geneem ná ’n doel van Diwakar.

’n Doel deur Justin Reid-Ross in die 39ste minuut het die telling weer gelykop gemaak.

Toe die speler van die wedstryd, Austin Smith, in die 47ste minuut ’n skitterende doel aangeteken het, was Suid-Afrika stert in die lug en stewig op pad na die gesogte top-8.

Indië het egter toe na ’n volgende rat oorgeskakel met die fanatiese ondersteuning van die skare. Vir die volgende 15 minute moes die Proteas bontstaan op die verdediging.

In die 66ste minuut van dié spannende stryd het Indië se Shivendra Singh die telling weer gelykop gemaak.

Indië het deurentyd die meeste besit en gebiedsvoordeel gehad, maar die Proteas het beslis kanse gehad om dié stryd te beklink en ’n allemintige vier plekke op die wêreldranglys te klim.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hokkie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.