SA hekkies-breker hang spykerskoene op

2010-02-04 15:09
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Die einde van ’n era in Suid-Afrikaanse atletiek het aangebreek met Ockert Cilliers se aankondiging dat hy as 400-hekkies-atleet uittree.

Cilliers se tyd van 48.02 sek. is die derde vinnigste ooit deur ’n plaaslike atleet.

Hy was deel van die groep atlete – Llewellyn Herbert (47.81), LJ van Zyl (47.94), Alwyn Myburgh (48.05) en Ter de Villiers (48.46) – wat van 2000 tot 2007 seker gemaak het dat die 400-hekkies een van die gewildste items in SA atletiek is.

Mense het kaartjies gekoop om dié “hekkie-brekers” in aksie te sien.

Herbert, Myburgh en De Villiers het reeds uitgetree. Dit beteken dat Van Zyl die enigste oorblywende lid van die vyftal is wat vanjaar steeds sal deelneem.

Cilliers beplan om vir oulaas eers sy Turkse atletiekklub in Turkye se nasionale liga te verteenwoordig.

“Die geld is net te goed om sommer net op te hou.”

Volgens die 28-jarige Cilliers is dit nie maklik om atletiek te los nie.

“Ek het nie ’n keuse nie. Ek het myself belowe dat ek nooit weer vir Suid-Afrika sal deelneem nie na dié wyse waarop die besluitnemers van Atletiek Suid-Afrika my weggelaat het uit die span wat aan die 2008 Olimpiese Spele in Beijing deelgeneem het.

“Daar is steeds ’n kans dat ek Nederland se atletiekspan kan verteenwoordig, maar dit kan nog ’n jaar of twee duur voordat ek my paspoort kry.

“Ek word nie jonger nie en ek moet een of ander tyd verantwoordelikheid begin aanvaar om die pot aan die kook te hou.

“Daarom het ek vanjaar begin om voltyds te werk. Ek oefen nog liggies saam met my vrou, Juannee, net om aan die gang te bly.”

Cilliers beskou 2004 as die “goue jaar” van sy atletiekloopbaan.

“Ek het daardie jaar amper elke keer wanneer ek deelgeneem het’n persoonlike beste tyd gehardloop.

“Ek het ook Suid-Afrika op die Olimpiese Spele in Athene verteenwoordig. Dit was ’n ongelooflike ervaring, al het ekself daar nie goed presteer nie. Ek het nie besef die Spele is so groot nie.”

Juannee, wat in 2008 Suid-Afrika se beste vroue-atleet in die 800 (2:03.38) was, gaan waarskynlik voortaan vir Nederland deelneem.

- Die Burger

Lees meer oor: atletiek

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.