SA-fietstoer afgestel
2011-11-08 14:30
Johannesburg – Cell C se toer van Suid-Afrika, die land se enigste internasionale fietstoer wat vanjaar die eerste keer aangebied is, is vir aanstaande jaar afgestel, het RSG Dinsdag berig.
Volgens Primedia, Fietsry Suid-Afrika (FSA) se kommersiële vennoot, is 'n gebrek aan finansiering die oorsaak dat dit gekanselleer moes word.
In Oktober vanjaar is die versekering egter gegee dat die SA-fietstoer wel in Februarie 2012 plaasvind.
FSA het gesê die toer bly 'n belangrike prioriteit en pogings duur voort om dit weer in die nabye toekoms aan te bied.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG