SA atletiek hou asem op oor verkiesing

2011-07-29 09:53
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Mag wie ook al Saterdag as die nuwe voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA) verkies word werklik die belange van dié sportsoort eerste stel.

Dit is waarskynlik die wens van elke plaaslike atleet, afrigter en atletiekondersteuner ... en met goeie rede.

Sedert 2009 se Wêreldbyeenkoms in Berlyn, met die herrie wat rondom Caster Semenya se deelname ontstaan het, was Suid-Afrikaanse atletiek te veel kere om die verkeerde redes in die nuus.

Die wrede werklikheid is dat ASA op die rand van bankrotskap is en dat borge lugtig is om betrokke te raak. Dit is grootliks te danke aan Leonard Chuene, geskorste voorsitter, se spandabelrige bestuurstyl. Hy het skynbaar dié sportsoort in Suid-Afrika as sy koninkryk beskou.

Ernstige vrae moet ook oor ASA se ontwikkelingsbeleid die laaste paar jaar gevra word.

Die SA span wat oor vier weke in Daegu, Suid-Korea, aan die Wêreldbyeenkoms deelneem, is ’n bewys dat iets skort.

So kan Semenya en Stephen Mokoka sekerlik nie die enigste twee atlete in Pretoria wees wat werklik in middelafstand- en langafstandnommers uitblink nie. Nie dat dit in die ander stede veel beter gaan nie.

Dit is veral die stand van vroue-atletiek wat kommer wek. Hoe gebeur dit dat net drie vroue (Semenya, Sunette Viljoen en Justine Robbeson) die kwalifiserende A-vereiste vir die Wêreldbyeenkoms kon oortref?

Op die afgelope Wêreld-jeugbyeenkoms in Lille, Frankryk, het nie een meisiesatleet ’n medalje gewen nie. Waar is die volgende geslag belowende vroue-atlete?

Die 20-jarige Semenya is die enigste van haar era wat werklik bly presteer. Viljoen is 27 jaar oud en Robbeson 25.

Dit bewys dat geen van die talle belowende junior vroue-atlete in die afgelope sewe jaar ná skool aanhou presteer het nie.

’n Mens kan net hoop dat die besluitnemers mooi sal dink voordat hulle hul kruisies trek wanneer vir die nuwe ASA-voorsitter gestem word.

Dit is kommerwekkend dat daar nege benoemings vir die pos van voorsitter is.

Al afleiding wat gemaak kan word, is dat die eie ek steeds vir die besluitnemers belangriker is as die belange van atletiek.

SA atletiek het beslis nie nog ’n egosentriese leier nodig nie.

Wie ook al verkies word, moet homself afvra wat hy vir atletiek kan beteken en nie watter voordele sy betrokkenheid by atletiek vir hom mag inhou nie.

James Evans (WP), waarnemende ASA voorsitter, met ses benoemings, James Makoka (Noord-Gauteng), Hendrick Ramaala (Sentraal-Gauteng) en Harold Adams (Boland), al drie met drie benoemings, blyk die vroeë gunstelinge te wees.

Die ander benoemdes is Motlatsi Keikabile (Noordwes-Noord), James Moloi (Sentraal-Gauteng), Aleck Skhosana (KwaZulu-Natal), Tshifiwa Makhoshi (Limpopo) en William Mokatsanyane (SA Skole).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: asa  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.